Wednesday, November 11, 2009

Oggendmeditasie: God is by ons

Speel vir ‘n oomblik die stemme en gebeure van die dag oor in jou gemoed. ‘n Tipe van ‘n ‘stadige aksie, kyk-weer’.. (stilte).. wie se stemme is prominent ? Vir wie hoor jy praat en op wie reageer jy ? Luister nou na die toon van die stemme… (stilte)… Is dit vol energie of bloot leë blikke? Is dit hopeloos, gefrustreerd OF is dit swanger aan hoop, vol lewe ?
As dit so is dat God sy stem laat hoor, in ons normale, menslike situasies, in normale mense se stemtoon; as dit so is dat God se profete gewone mense is, soos ek en jy… dan was hulle heel waarskynlik daar, tussen hierdie stemme en gebeure. Hulle is daar, maar meer nog, God is daar. Maar waar is God se stem hoorbaar…is dit in die wat oenskynlik wen, wat die meeste praat, wat kan groot praat ?
Elia, was ‘n interresante profeet in die Bybel. Hy het die magtiges van sy tyd striemend gelooi met die tong, selfs valse godsdienstiges terreggestel… maar in 1 Konings 19 lees ons hoedat hy in die hitte van die stryd, God se stem gehoor het. God verduidelik vooraf dat hy daar by die berg waar Elia skuil, aan hom sou verskyn. Die storie gaan verder,
‘Skielik was daar ‘n sterk wind wat die berg stukkend geruk en die rotse gebreek het vir die Here. Maar in die wind was die Here nie. Na die wind was daar ‘n aardbewing. Maar in die aardbewing was die here nie. Na die aarbewing was daar ‘n vuur. Maar in die vuur was die Here nie. En na die vuur was daar ‘n fluistering in die windstilte. Toe Elia dit hoor het hy sy gesig met sy mantel toegemaak en by die bek van die grot gaan staan. Toe hoor hy ‘n stem wat vir hom se: ‘wat maak jy hier Elia’?
Dis juis in die ‘fluistering in die windstilte’ in die stiltes, of beter die stemme van die gestildes, waar ons God se stem hoor….onsigbares wat daar tussen ons is, en tog met ons praat. Joan Osborne het ‘n lied gesing, wat mens iets laat verstaan oor hoekom ons nie soms met die title: ‘what if God was one of us’. Die lied is ook die temamusiek vir ‘n TV reeks Joan of Arcadia, waar ‘n gewone skooldogter op verskeie wyses God se stem hoor en mense bystaan Osborne sing,

What if God was one of us?
Just a slob like one of us
Just a stranger on the bus
Trying to make his way home

If God had a face what would it look like?
And would you want to see
If seeing meant that
you would have to believe
in things like heaven and in Jesus and the saints
and all the prophets (*)

Die verassende is dat God wel tussen ons is...

Gebed:
Ons hoor u vele keer, in die stemme van die onsigbares. Ons sluit vele kere ons ore vir u fluistering in die windstiltes.. Vergewe ons Heer en dankie dat u nogsteeds daar is.
Amen
Post a Comment

Musings.....