Thursday, November 12, 2009

Oggendmeditasie: Geestelike lewe

Waar pas geestelikheid nou by my daaglikse werk, of my dagtake in ? Is dit genoeg om bloot ‘n gebed op te sê voor ek uitstap, en later in die dag dankie te sê. Natuurlik help dit om ons te herinner dat God met ons is deur die dag. Om egter my ‘geestelike lewe’ en my daaglikse lewe te skei van mekaar nie is egter nie net gevaarlik nie, maar dodelik.

Een die skerpste temas wat deur die profete optredes weerklink, is die gedagte dat God erns maak met al ons gewone, daaglikse optredes. God maak erns met die industrie, die landbou, ons skoolwerk.. God maak erns met ons daaglikse lewe by die huis of waar ons beweeg..Daarom is die profete gewone mense, soos ons baie keer hoor ‘ die gewone person in die straat’

Nehemia, sou nie deur baie as ‘n klassieke profeet beskou word nie. Sy optrede en omgang met die volk Israel het egter die trekke van iemand wat die onder God se leiding staan en wat as sodanig optree. In sy openingsgebed, (kom ons noem dit sy roepingsstorie), sien ons hoedat hy, soos die ander profete, geen skeiding maak tussen geestelike en daaglike ( sekulere sake) nie. Tydens sy broers se besoek aan hom in Persie, vra hy uit na die welstand van die bekendes. Hulle vertel hom toe van die benarde toestand van die mure van die Jerusalem. Hy beskryf, in sy dagboek, sy reaksie in Neh 1:4:
By die aanhoor van hierdie woorde het ek gaan sit en gehuil en dae lank getreur. Ek het gevas en tot die God van die hemel gebid…”Ag Here, God van die hemel groot en ontsagwekkende God wat u verbond en u troue liefde handhaaf teenoor die wat vir u liefhet en u gebooie gehoorsaam, luister tog, gee tog ag die gebed wat ek u dienaar, sonder ophou tot U bid.

Nehemia is duidelik besig om die situasie van die stad, die dinge soos mure en hekke, paaie en ander bouwerk en, kom ons sê maar infrastruktuur.. harde dinge en toestande te lees in die lig van sy geloof in God. Sy geloof in God werp lig op die toestande in die land, sy land en sy gebed is ineengeweef met sy analise van die situasie. In die res van die boek beskryf hy hoedat hy beplanning doen, onderhandelings voer, veiligheidsmaatreels instel, en terselfdertyd, biddend is, die Heillige Skrifte ondersoek en die volk nader na God bring. Vir hom is daar nie onderskeid nie.

Dit herinner aan ‘n legende wat Ferdinant Deist vertel van die bekende skrywer Tolstoi oor die twee monikke in ‘n eensame kloosterwat gehoor het dat daar iewers op aarde ‘n toring is met ‘n groot deur wat reguit na die hemel lei. Albei het toe besluit om na die wonderlike toring en die deur te gaan soek sodat hulle reguit na die hemel toe kon gaan. Hulle het geloop en geloop en geen moeite ontsien nie; hulle het hitte en koue verdra.
Na baie jare bereik hulle die toring. Hulle was baie bly en toe hulle na die deur toe stap, en dit oopmaak…het hulle in hul eie kloostersel gestaan (waar hulle begin het)
Deist sluit af met die woorde:
Wie hemel of aarde, geloof en lewe, Sondag en werksdag van mekaar skei: doen albei skade aan, want hulle hoort by mekaar.

Gebed:
Here, gee ons die genade om rondom ons te kyk, na ons dorp, ons huise, ons werksplekke, ons land, deur u oë. Gee genade dat ons, in alles, vir u sal sien.
Post a Comment

Musings.....