Jan-Jan Joubert worstel met hierdie vraag. Ek wonder waarom ? Is hyself bruin of voel hy homself bekwaam om oor (of dalk ?) namens die bruinmense te kan praat. Deon Maas het dit eenkeer probeer en is die week daarna deur Tim Du Plessis (die Here) gefire, glo a.g.v. die artikel oor Satan. Jan-Jan waag dit egter, bewus van die feit dat hy homself nie bruin of as intellektueel beskou nie.
In 'n resensie oor die boek van Gilliomee, Nog altyd hier gewees, skryf Allan Boesak tereg dat ons moet wegbeweeg van die vraag of witmense iets oor ons bruinmense mag of self kàn skryf. Ek verstaan daardie argument. Die vraag is hoe geskryf word. Uiteraard is dit ook waar daar ook gevra moet word hoe ons oor onsself praat en skryf. Laat ons egter vir eers stilstaan by Jan-Jan, politieke redakteur by Die Burger. Hy betoog vir nierassigheid. Vir hom is nierassigheid, om o.a. te sê, dat bruin kinders eintlik nie bestaan nie, of dat daar, (ten minste in sy nierassige) teorie nie bruin intellektuele of bruin leiers bestaan of moet bestaan nie. Ons is dus almal Suid-Afrikaans en dan, vreemdgenoeg, noem hy dan 'n paar, wat hy noem, 'nierassige' bruin denkers, wat sy denke in die verband gevorm het.
Dit lyk vir my asof Jan-Jan, homself weerspreek. Aan die een kant bestaan daar in sy 'colour-blind' nie-rassigheid geen bruin mense nie- daar bestaan net Suid Afrikaners. Aan die ander kant kan hy nogtans, homself 'afskei' as 'buitestaander...omdat jy nie bruin... is nie' en beroep hy homself nogsteeds op sy sg 'nierassige bruin denkers' naamlik, Prof Richard van der Ross, me Rhoda Kadalie, dr Edna van Harte, ens. Dit sou interesant wees om te hoor op watter gronde hy hierdie groepie, onderskei van die res van die Suid Afrikaners.
Die debat tussen die ideologie van nie-rassigheid teenoor swartbewussyn word in menige gesprekke, doelbewus, skeefgetrek op so 'n wyse dat die realiteite van onregmatige bevooregting versluier word. Daar word verklaar dat ons ahistories, op gelyke speelveld is en nog altyd was. Bruinmense, wat deel was van die swartbewussynsbeweging, soos bv bekroonde skrywer Chris van Wyk, huldig juis vanweë hierdie onreg, die mening dat die verdruktes onder wit oorheersing moet saamstaan onder die banier van swart-wees. Onder die vlag van die Freedom Charter, wil die ander spreek teen die onregte op rassegronde en 'n oop nie-rassige samelewing in die visier stel, teenoor die rasgebasserde onreg van die verlede. Hierdie standpuntname ontken nie die onreg of ongelykhede, wat nog steeds bestaan nie. Hier word ook nie geargumenteer dat bruin identiteit, maar ten diepste die bruin ekonomiese realiteite ontken mag word, in die nasiebou planne van die dag nie. Dit moet juis as sodanig erken word, en regestel word, ten einde koers te kry na 'n nie-rassige SA. Die vraag is hoe ?
Ons moet erken dat bruin identiteit nie vasgeanker is in 'n etniese essensie nie. Miskien stem ek hier met Jan-Jan saam. 'Ons moenie ons uitdagings etnies afkamp nie'. Bruinmense is etnies nie uit dieselfde lap geknip nie. Bruinmense, Jan-Jan, het egter kultureel unieke denk en leefpatrone ontwikkel, wat onderskeidend is van witmense, asook van swart mense. Miskien is die 'Afrikaners' juis die naaste, alhoewel hulle histories en nie te naby aan bruin mense wil wees nie, die bloedverwantskappe tenspyt. Hierdie kulturele lappieskombers, is uit verskillende lappe geknip, en hierdie nuwe kreatiewe rykheid, gee aan ons ons karakter, maar as ons wicked wil wees, daaarom glo ons dat juis hierdie uniekheid, essensieel is en vir ons 'n kykie gee vir die toekoms van die Suider Afrikaanse kulturele landskap. Maak geen fout nie, ons is bewus daarvan dat die leading egde ontwikkelinge op hierdie terrein juis uit die bruin gemeenskap ontwikkel. Miskien is Jan-Jan ook reg as hy bedoel dat die toekoms van die kulturele en intellektuele landskap vir Suid-Afrikaners, juis erns moet maak met ons almal se ervaring van gemengd-wees. Die toekoms waaroor ons droom, lê juis opgesluit in die wyse waarop ons gevorm word deur mekaar en daardeur nuwe Suid Afrikaanse waardes, lewenspatrone ontwikkel.
Verder, moet ons ook erken dat in die kolonialistiese konteks bruinmense selektief bo swartmense bevoordeel is. Ons wil dit nie altyd erken nie, maar bruinmense, is deur wetgewing, spesifiek in die Kaapkolonie, voorrang gegee ten op sigte van werksgeleenthede, asook opleiding. Vorige kolonialistiese regerings het meer spandeer op bruin onderwys en opleiding, as aan die van die swart kind. Hierdie onderskeid moet inaggeneem word en daarom die rasgebaseerde onderskeide, ten einde dit regtestel. Om te maak asof dit nie gebeur het nie is oneerlik. Aan die ander kant, egter, is kinders uit wit gemeenskappe meer bevoordeel as die kinders uit die bruin gemeenskap. Ons regmatige plek is om hierdie realiteite te erken en bewustelik daaraan te werk, om ongelykhede reg te stel. So lank as wat ons as bruin mense maak asof dit nie gebeur het nie, ontneem ons onself die verantwoordelikheid om ook 'n rol te speel in ware versoening, maar ook die ontwikkeling van alle Suid Afrikaners. Ons sal onssself 'n guns doen en die wêreld, as ons bevry word van die slagoffermentaliteit en ons hand aan die ploeg slaan.
Laastens, oordeel ek dat nierassigheid, as ideaal, nogsteeds die transformasie en die regstellende aksie van ons land aanvuur. Nierassigheid val nie op 'n miraculous day' soos 27 April 1994, uit die hemel nie. Nierassigheid, word nagestreef, gebou in die harde skewe werklikhede, vanuit die geskiedenis, waar die magsspel van die ekonomiese elite en toegang tot die openbare media, die spelreels bepaal. Dis hier waar Jan-Jan se worsteling, nie 'n onskuldige mymering is nie, maar waar dit menings vorm, vanwaar die ons worsteling van bruin identiteit vir hom, handig te pas kom.
...on public issues | post-colonial faith | reconciliation | anti-racism in general, my take on what happens around me.
Thursday, June 05, 2008
Wat is bruinmense se regmatige plek in SA ?
Labels:
Allan Boesak,
justice,
media,
politics,
public issues
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Musings.....
-
►
2010
(43)
-
►
July
(9)
- Reitz, an island of hope in the Free State (?)
- ...when the morning comes..we will tell the story ...
- It is about power...justice, I mean.
- strangers become part of us...
- Peter De Villiers and the media (again), the clown...
- Paying the highest price for health...who cares?
- Its not xenophobia, or is it ?
- Danny Jordaan, the humble champion of the world.
- Hospitality comes at a price.
-
►
March
(7)
- Judgement on Malema ?
- Christians, Muslims slaughter each other in Nigeri...
- Memorial Service in honour of Steve de Gruchy, by ...
- Bafana need faith
- Benny Hinn is still going strong en route to South...
- 100 days before the opening of the Soccer world cu...
- top 3 most influential living Christian preachers....
-
►
July
(9)
-
▼
2008
(81)
-
▼
June
(8)
- ag sies, Thabo man
- A Tribute to Mr L Bergstedt on behalf of the Lückh...
- sport and the new faith on the pitch
- Yes, Bob, God will remove you, sooner than you thi...
- Malema also want his machinegun
- Doing urban public theology in Africa: shaping com...
- Benny Hinn should stay at home
- Wat is bruinmense se regmatige plek in SA ?
-
▼
June
(8)
6 comments:
Reggie, het jy "Nog altyd hier gewees" en "Die Afrikaners" gelees?
Ja, t.o.v. Nog altyd hier gewees... Die Afrikaners het ek stuk-stuk gelees. Hoekom ?
haai daar,
Ek het jou blog via Cobus sin gekry ... gaan weer hier 'n draai maak (en comment.
Nee, maar net gewonder. Dis vir my interessant dat tot onlangs colourds nie te vinde was vir 'n eie identiteit nie, maar nou wel. En met wit Afrikaners is dit anders om.
Ek dink Die Afrikaners lees baie maklik en is een van die bes geskrewe SA geskiedenis boeke. Ek beplan om binnekort "Nog altyd hier gewees" te lees.
Wessel, ek het jou gehoor in die gesprek op 'n ander post oor die Mywerkers Unie AKA Solidariteit. Ek is egter nie seker of jou standpunt die van die deursnee Afrikaner is nie.
“Vaal Patricia” en “Maan toe” Shabalala is op hul eie politieke planete
Het”Vaal Patricia” haar ID verloor?
P .R .C sekretaris general en voormalige Gauteng se ID leier Mnr Bennie Marais daag Patricia de Lille uit om haar politieke kleure(klere) aan die mas te spyker “ Patricia De Lille moet aan die Bruin kiesers nou vereens en vir altyd of verduidelik of belieg, of sy vir die belange van bruin mense veg”
Wat is haar politieke ID?
Sy moet aan die mense in die Delft se waarom sy geskuil het toe Bruin moeders en kinders in die bibber koue en stortende reen uit huise geskop was,maar kon vinnig op n vliegtuig klim na Pretoria waar Andere n gebou aan die brand gesteek het toe hulle uitgesmyt was.
Verder skuld sy ook die bruinmense in die Wes- Kaap n verduideliking waarom haar “Miesies” Zille moes optogte lei na dwelm handelaars se woon pleke (die gemorse wat ons Bruin kinders Tik Monsters maak) terwyl sy(Vaal Patricia) nie n vinger gelig het of kommentaar gelewer het oor die dwelm misbruik van onse jong mense nie.
Vaal Patricia “die gebruikbare idiot” soos Minister Trevor Manuel haar eenmaal beskryf het in die Parlement, Kon skeeu, Kekkel,en klets oor wapenskandale maar bektoetande is oor ons Bruinmense se lot !!!
“Vaal Patricia” onthou,die klok het vir die Bruinmense gelui
Dis Huistoe tyd en vir jou ID is dit Slaapenstyd.
Ons weet jyt die klok gehoor lui maar die wapenskandaal skote het jou so doof gemaak dat jy nie weet waar die klok hang nie
P.R.C. verwerp Bruin Belange Inisiatief (BBI)
P.R.C. verwerp “Bruin Belange Inisiatief (BBI) as :
“ Nog Bruin, nog Brein en absoluut geen Inisiatief’
“Die BBI het die kat aan die hond se stert beet”
Die P.R.C.’ n nuwe Bruin Party wat op 6 September 2008 te Noordgesig ( Buite SOWETO) geloods gaan word, het by ‘n interim uitvoerende raadsvergadering die volgende besluite geneem...
Dat die Bruin Belange Inisiatief– ‘n doodgebore vassilleerende oneerlike bang gat organisasie is, wat Bruinmense se Politieke , Kulturele en Maatskaplike aspirasies in ewigdurende ballingskap wil hou.
Ons weier om nog weereens politieke agterspeendrinkers te wees wat gemislei gaan word deur ‘n paar “Nutty Professors” en Kolligsoekers wie halfdronk of halfnugter in plesiersoorde, oor die lot van ons mense besleg, en in hulle politieke babalaasheid geweier het om ‘n politieke vervoermiddel vir die Bruinman te verwesenlik .
Verder weier ons dat die bruinman enigsins verder as ‘n tragiese lagwekkende karakter – “Die JollyHotnot” weer in volgende jaar se verkiesing soos vergeetagtige politieke wandelaars deur Partye UITGEBUIT , UITGESTAL en UITGEPIT word, en dan soos toiletpapier na die onbekende politieke rioolvlaktes as politieke kunsmus UITGESPOEL word .
Ons weier ook om weereens as politieke suigelinge of adolesente weereens in die lokval, die ongevalle te word van hulle politieke Samesweerderye Ons VERWERP verder die “House NIGGER” denkwyse van die sogenaamde Bruinlose Breinlose Inisiatief !!!
Post a Comment